Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Agter matrieksuksesverhale is daar dikwels die onsigbare hande wat moue opgerol het om leerders by te staan, soos dié twee onnies
GOD DRA JOU BELANGE OP DIE HART • Ons dink soms dat God nie belangstel in ons onbenullighede nie en dat Hy gevrees moet word, min wetend dat Hy ons só liefhet dat Hy deel wil wees van elke klein besonderheid van ons lewe
Verklaar Sy liefde oor jou lewe • As kinders van God het ons die gesag om Sy beloftes aan ons te verklaar en uit te leef. Onthou in hierdie maand van die liefde die Een wie se liefde alles moontlik maak
CHAR OOR ANGIE SE HEL: ‘DIT KAN MET ENIGEEN GEBEUR’ • Ons het haar leer ken as die feisty Angie in Suid-ooster en in haar onlangse tonele het kykers ’n ander, kwesbare kant van haar gesien. Char vertel hoe dié rol haar gevorm het en oor die liefde en ondersteuning al ’ie pad tot hier
HOOFWEË NA DIE HEL • Ongelukke in hotspots is deesdae nie vir motoriste die grootste padgevaar nie, maar betonblokke wat deur hul ruite kan vlieg. ’n Egpaar deel hul nagmerrie-ervaring en kenners weeg in op die probleem
DROME OP YS OOR STUDIESKULD • Opvoeding is die portaal na jou drome, leer ons. Maar dan maak ’n gebrek aan geld dat drome verpletter wanneer studente nie kan graadvang nie …
LIEFDE TUSSEN DIE WANHOOP • Die afgelope 10 jaar dien Hannah's Place of Safety as ’n veilige hawe waar die kringloop van dwelmverslawing en ander maatskaplike gruwels vir weerlose babas verbreek word
‘NIEMAND KOM JOU RED NIE’ • Sowat 10 jaar het verloop sedert die dag toe sy op haar kwesbaarste met haar twee kinders uit ’n abusive verhouding gestap het. Die aktrise Stephanie Baartman vertel hoe sy die stukke van haar lewe opgetel het
‘N LIEFDE GROTER AS HULSTORMS • Van polisieheld wat nie teruggedeins het om sy gemeenskap te beskerm nie, na iemand wat feitlik niks meer vir homself kan doen nie. Oudsersant Yuri Ray se reis met ’n ongeneeslike neurologiese siekte spreek van uiterste dapperheid, kwesbaarheid en ’n hele gemeenskap se omgee
DIÉ BOEKWURM DEEL HAAR KENNIS EN HART • Sy is al beskryf as ’n ‘wandelende oplossing’ deur een van haar leerders, en haar uitreikwerk as onnie het aan haar ’n internasionale benoeming besorg
OPGETOOI IN PIENK EN ROOI • Bederf jou liefie dié Valentynsmaand met ons spogresepte! Van lekker heilsame eetgoed tot pikantes en deftiges - ons wys jou hoe
DATE NIGHT-STYLE • Dis die maand van liefde! Beplan jy en jou liefie ’n aandjie uit? Hier is ’n paar looks vir julle vir stylinspirasie
WAT IS IN ONS MOOIMAAK-TASSIE? • Jy kan nooit verkeerd gaan met ’n goeie velsorgproduk nie. Die Kuier-span deel hul gunstelingprodukte en hoekom dit vir hulle werk
VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ’n mediese probleem?
BEROERTE IS G'N ‘OUMENSSIEKTE’ • Op net 26 was sy beroerte ’n wrede wekroep vir die model en entrepreneur Jaden Hoedemaker. Nou waarsku hy ander jongmense
IS JY JOU MAN SE EMOSIONELE KRUK? • Voel jy by tye soos jou man of kêrel se terapeut, dokter, sekretaresse en bestie alles in een? Dan is jy waarskynlik besig met ‘mankeeping’ …
WENKE WAT WERK • Ons deel ’n paar maklike huisrate – van alternatiewe drankies om jou oggendkoffie so ’n bietjie uit te stel, tot hoe om daai...