Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Die ABC van ADHD

Uitgawe 1 2024
Magazine

Een uit 20 kinders word deur aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (ADHD) geaffekteer, en in Suid-Afrika ’n geraamde 1 miljoen volwassenes. Tog bly dit ’n toestand wat gereeld verkeerd gediagnoseer word. Daar bestaan soveel mites en misverstande oor ADHD, veral wat die behandeling daarvan betref. Hierdie spesiale uitgawe is enig in sy soort gelaai met inligting wat iemand wat deur ADHD geaffekteer is, moet weet om die wêreld aan te pak. Dit kombineer goed-nagevorste inhoud met ware ervarings. Die blaaie bied advies van kundiges, kennis en inspirerende stories wat die leser in staat stel om ADHD beter te verstaan. As ons almal beter daaroor ingelig is, kan ADHD in ’n superkrag omskep word.

Redakteursbrief

Die ABC van ADHD

MEER AS NET ’N BELANGSTELLING • MAGDEL PRETORIUS is in die eerste plek ’n ma, maar sedert 2017 wy sy haar aan ADHD-navorsing en help sy ouers en kinders ’n mooier lewe lei. Sy staan as kenner aan die stuur van die inhoud in hierdie boek.

NUUSKIERIGHEID WOORDE & KENNIS • Wanneer dit by skryf kom, kan BIANCA DU PLESSIS toor met woorde. Haar liefde vir joernalistiek en duidelike, eerlike inhoud maak haar die ruggraat van die artikels wat volg. Sy is enig in haar soort as joernalis, en verstaan die belangrikheid van kennis en navorsing. Sy is ’n meesterskrywer. Bowenal is sy ook op haar eie reis met ADHD. Sy verstaan hoe belangrik dit is om ingelig te wees wanneer dit kom by die maak van die regte keuses om ’n beter wêreld te skep vir jou kind. Leer ken haar ’n bietjie beter …

LEESHOEKIE • Kennis is mag – lees en leer meer om ADHD beter te verstaan. Ons het ses boeke gekies wat jou met insig en kennis sal toerus

DRING DEUR DIE GEDRUIS

TYDLYN VAN ’N DEFINISIE

4 HOOFKENMERKE VAN ADHD • ADHD lyk verskillend in elke kind, maar daar is vier hoofeienskappe wat daarop kan dui dat ADHD teenwoordig mag wees.

D is vir DIAGNOSE • Jy kan slegs weet wat om te doen as jy eers weet waarmee jy te doen het. Hoewel ons sekere tekens dalk liewer wil ignoreer, sal dit om die onthalwe van ons eie vrese en onsekerhede wees, terwyl ons eintlik ons kinders behoort te ondersteun

“EK EN MY ADHD” • ADHD het vele gesigte en verskil van persoon tot persoon. Hoe dit ons laat voel, wat ons kies om daaraan te doen, en ons foute, uitdagings en deurbrake langs die pad is uniek aan elke persoon. Wat ons wel in gemeen het, is die verligting en troos wat ons uit ander se stories kan put. Hoewel jou pad joune is om te loop, reis jy beslis nie alleen nie. Ons het met sewe mense met ADHD oor hul ervarings gesels

GROOT BESLUITE • Wetenskap oor en ondersteuningsmoontlikhede vir ADHD ontwikkel en verbeter voortdurend om die beste moontlike oplossing vir elke kind te bied

STIMULANTE VS. NIE-STIMULANTE • Stimulante is die gewildste soort medikasie vir die behandeling van ADHD in kinders en volwassenes. Dit werk vinnig en word al baie dekades lank gebruik. Volgens navorsers verhoog dit dopamien en norepinefrien, die chemikalieë wat noodsaaklik is vir die oordrag van boodskappe in verskillende dele van die brein en liggaam.

VIND UIT WAT WERK & TEEN WATTER DOSERING

DIEET & AANVULLINGS • ADHD is ’n ingewikkelde gedragsversteuring wat nie deur enige voedingsfaktore veroorsaak word nie. Tog kan voeding kognisie, aandag, slaap en gemoed beïnvloed. Baie mense wat ’n geliefde met ADHD het, glo – en navorsing wys – dat sekere ADHD-gedrag bestuur kan word deur dieetveranderinge te maak.

VINNIGE WENKE OM ADHD-TRAAGHEID TEË TE WERK

"EK EN MY ADHD" • ADHD is al beskryf as ’n “opgemaakte” siekte. Sommige beskou dit as ’n neweproduk van die Amerikaanse lewenswyse: te veel skermtyd en hoogs geprosesseerde kos, met te min oefening en dissipline. Hierdie persepsie gaan gereeld hand aan hand met ’n gesonde dosis agterdog jeens groot...

Expand title description text
Frequency: One time Pages: 156 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Uitgawe 1 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: November 17, 2023

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans